Yolande Strauss

Singer , Songwriter, Blogger & Creative

"Art is not what you see, but what you make others see." - Edgar Degas


Blog.

Geduld van Job

'n Woord is net 'n woord is net 'n woord

Geel is nie net 'n kleur nie

Wie’s baas en wie’s die brein?

#Oopkoppemelaaites

Vriende wat soos huis voel

Sewe dinge wat my eerste Jiu-Jitsu klas my geleer het

Die bemagtiging wat vloei uit bloed

The rule of seven

As jy goud wen in koornerdhemel

Daai versie iewers in die Bybel
Vandag was een van daai dae. Jy weet een van daai waar jy so teen vroeg oggend al besef jy moes dalk liewer in die bed gebly het. Die krag was af toe jy opstaan, want jy’t vergeet om te koop, dus was die badwater koud en kon jy nie jou hare droogblaas nie! Maar […]
“Living with boys”
Daar is al movies hieroor gemaak, boeke geskryf. Vrouens deel dit met mekaar in die geheim- maar om dit in die werklikheid te beleef is ‘n heel ander storie!. Vat dit van ‘n vrou wat saam met drie homo sapiens van die manlike geslag ‘n huis moet deel. En ek is nie ‘n fief nie- […]
Oor Brad Pitt en ander dagdrome…
Sien noudiedag so uit die hoek van my oog dat een van die Oceans films op MNet wys...ai maar Brad Pitt is darem maar njammies. Dink jou nou in as my en sy paaie moes kruis...? Egter een probleem...ek is getroud. Gmf. Ek is baie dinge, maar 'n cheat is nie een daarvan nie. Kom […]
Die Volvo Mamma
Ons almal het haar. Daai ma by die skool wat jy wens jy kon wees. Myne noem ek die Volvo mamma. Voor ek met my storie begin, kom ek vertel eers van die Volvo mamma. Sy ry om mee te begin, ‘n Volvo. ‘n Charcoal Volvo. ‘n Silwerskoon charcoal Volvo. Sy ry binne die 60km/h […]
Om te kyk, of nie te kyk nie….
Die anderdag, op ‘n per ongelukte Kaapstad somersdag, sit ons gesinnetjie en eet roomys in die middestad. Ons het skaars gesit of daar waai ‘n swerm lawaaierige jong knape die winkeltjie binne. Dis net aftershave, help-my-fris hempies, Bieber kuiwe en uitsteek onderbroeke waar jy kyk. Ek vergaap my letterlik en dink stil-stil: “dank vader ons […]
Die dag toe ek my kinders wou weeshuis toe vat…
Okay- ek jok so effe in die opskrif- daar was nie EEN spesifieke dag nie. Met my Grootprins gebeur dit so een maal elke twee maande dat ek hom daar wil gaan aflaai. Met Kleinprins- meer in die omgewing van drie keer per dag! Vir die wat gedink het kinders kry en grootmaak is kinderspeletjies, […]
Die groot K skrik
Kyk ek het nou al oor die jare agtergekom, ek is nie soos meeste vrouens nie- ek dink so bietjie anders, voel so bietjie anders en doen dinge so bietjie anders as die meeste vroue wat ek ken- MAAR een ding weet ek deel alle vrouens- maak nie saak hoe aweregs jy is nie. ALLE […]
Daai tyd van die maand
NIE VIR SENSITIEWE LESERS…. So gaan ek toe nou vir die klein prosedure so week of wat terug. 5h45 (MAANDAG OGGEND!!) laai ek my man en kroos in die kar en in die nag donkerte vat ons die pad Blaauberg Netcare toe. My oudste noem heel onskuldig: “Mamma, jammer om jou te sê, maar niks […]
Van Nuweland tot Ongevalle
Saterdag het begin soos enige ander dag in die Strauss huis. Lennon het popcorn vir ontbyt gehad. Na die ontbyt vir kampioene, besluit ons om ‘n grassnyer en bietjie kruideniersware te gaan koop. Ek stel voor ons kry eerder ‘n ponie vir die gras, maar my man byt nie. Ek het probeer… Ons raak egter […]
Nie vandag nie…
So vanoggend het ek my eerste oopwater swemtraining gehad. (Ek het een of ander bee in my bonnet gedagte gekry om my vrees vir haaie te oorkom dmv 'n lekker lang seeswem...ander storie vir 'n ander dag...) Dis belangrik om te besef dat ek in die 1900's laas enige iets gedoen het wat die fisiese […]
As jy eers ‘n tannie is…
Die anderdag op 'n Saterdag laasjaar iewers sit ek by 'n sesjarige maatjie se partytjie en wonder of ek soos al die mammas daar tee/ koffie sal drink, of sommer net een van die pappas se biere sal nuttig. (I KNOW- gender inequality is alive and well!!) Na 'n laaaang gesprek met myself in my kop […]
Boogie is gebreek…
So uiteindelik is daar 'n internasionale band wat in Kaapstad kom speel wat ek min of meer kan verdra. Ten duurste koop ek en Bruidegom op nommer 99 kaartjies. Ons sal huiskoop vir eers moet uitstel- die kaartjies sit ons 'n hele paar rande terug. "Waarnatoe gaan julle?" vra die Prinsies. "Ons gaan boogie" sê […]
Never a dull moment!
So op 'n Maandag oggend iewers so paar weke terug kondig Bruidegom aan dat hy moet Engeland toe vir 'n week. En asof dit nie genoeg is nie, moet hy van daar af nog Amerika toe ook piekel vir 'n ekstra week. "Ons sal dit nie so lank kan hou sonder jou nie..." kerm ek. […]
Tafelberg tot Tswane
In my lewe het baie van my uitlatings my later van tyd al baie nederig gemaak. Meeste daarvan egter te doen met kinders grootmaak voor ek Lennon ontmoet het. Tot nou toe. My nuutste lewensles is egter "never say never." Want nooit is 'n laaaaang tyd! Daar is 'n standaard reaksie by alle Kaapbewoners as […]
Friends
Soms kry ’n ou een van dáái dae. Daai dae waar die wêreld jou maar kan insluk. En dan bel ’n ou ou ou vriend onverwags en sê dat hy jou mis en na jou verlang. En dan is die dag sommer beter. Toeval? Ek glo nie. Dit het so week terug met my gebeur […]
En die grootste hiervan is die liefde…
Daar is baie dinge in die wêreld waarvoor ek dankbaar is. Musiek. Goeie koffie. Woolies se 70% tjoklits. Vreemde goete wat ek nie eers in die minste verdien nie. Geleenthede wat oor my pad kom uit die bloute. (Wie op aarde wen ’n trip Parys toe!?) Gesonde familie. Oulike kinders. (wel meestal) Maar ek dink […]

Buckle up, buttercup! This website is a copyrighted work of pure awesomeness, belonging solely toYolande Strauss. All rights reserved, now and forever.

©Yolande Strauss 2025.