Afrika Seën-SATB

R150.00

Category:

SATB verwerking van  Afrika Seën (Oorspronklik Yolande Strauss)

Pakket bestaan uit
– PDF dokument van verwerking
– Mp3 uittreksel van volledige verwerking
– Mp3’s van verskillende stempartye

 

Lirieke

Mag die Bosveld sy lied vir jou sing
Mag die soet reuk van sy doringtakke
Heel genesing bring

Halala Afrika

Mag die Weskus se soutreuk jou bekoor
Mag dit al jou wonde heelmaak
en jou hart opnuut betoor

Halala Afrika

Mag die hitte van ’n ryp Limpopo nag
Al die twyfel van jou siel laat kwyn
Dis ’n nuwe dag….

Halala Afrika

Moeder Afrika
Mag sy sag met jou wees
Mag haar towerkrag al jou vrees
laat verdwyn in die niet
Luister na haar lied
na die hartklop
van Moeder Afrika

Mag die midland van Natal jou siel verryk
mag die lig wat oor die koppies loer
soos Hemel vir jou lyk

Halala Afrika

Mag die Oos Kaap en sy ongerepte kus
Jou laat rus vind vir jou moeë lyf
Jou diep verlange sus

Halala Afrika

Moeder Afrika
Mag sy sag met jou wees
Mag haar towerkrag al jou vrees
laat verdwyn in die niet
Luister na haar lied
na die hartklop
van Moeder Afrika

OORSPRONKLIKE WEERGAWE